Friday, May 26, 2017

Major Time Lapse


Let's cut to the chase.

Dis 2017. Ek is getroud. 3 kinders. Bly in Brackenfell. Ma en pa bly by ons. Aanbouiings. Geld probleme. MARRIED LIFE...

Wag...whoa nelly...julle is nog stuck in 2009? Die water het in die see geloop en hier sit ek nou. Ander werkgewer en ander man (van die permanente soort...dit verduidelik die ring aan die vinger...), C-section scar, 2 stiefkinders. Nee ek maak nie 'n grap nie. Water krisis in die Wes-Kaap.

Het hulle per internet bestel. Dit was actually een van die sêgoed wat deel gevorm het van ons trou seremonie. Ag dankie, ou vriend (wie die seremonie en preek gedoen het)! Ons het nog altyd geweet ek sou die weird een wees wat stroomop gaan.

T en J, 13 en 10. Die kinders van 'n ander ma. En D my liewe baba boeta seuntjie wat 17 Junie een jaar oud word. Mamma se liefie-donker-bossie-kop baba.
My man, die ISFP. Die feeler, die kunstenaar...die finansiele bestuurder (ook net van sy werk, ek run natuurlik ons money stuff).

(haal asem)

Ok. 8 jaar se nuus gaan net te veel wees vir een keer se skryf.
Hierdie blog het ge-time travel tot in 'n ander dimensie.

Ek sal dit in stukke moet opbreek.
En die olifant stuk-stuk opeet ook.

Een moerse Major Time Lapse.