Ag dis nou al so 'n boring topic ek is seker, maar ek MOES net van die geleentheid gebruik maak om ook 'n noot in die psalm te sing oor swak diens... veral deesdae.
Is ek besig om soos 'n ou vrou met 'n nat broek te klink, of is dinge regtig besig om agteruit te gaan? Miskien is dit 'n bietjie van albei. Al ooit opgelet hoe moeilik oumense kan wees? Ek is vas oortuig daarvan dat ouderdom daarmee te doen het! Ek dink jy word ouer en word dan geleidelik al hoe meer gatvol vir almal jonger as jy oor hulle nie dinge kan doen soos wat jy dit doen nie, aangesien jy tog al jare lank op die planeet rondloop en klaar 'n paar goed gesien en gedoen het... jy het die lewenskennis en -ervaring en nou moet jy maar net sit of staan of lê en kyk hoe die jonger gardes dinge heeltemal of opneuk of net pleinweg verkeerd doen!! :D
Dan is daar die moontlikheid dat diens besig is om REGTIG agteruit te beweeg... hier het jou ouderdom en jou houding niks daarmee te doen nie...en ek sien dit oral...
In my opinie: As jy met mense werk dan moet jy hulle met respek behandel.. dit maak nie saak wat se tipe werk jy doen nie!!! Net die blote feit dat jy elke dag blootgestel word aan mense om jou, beteken dat jy die maniere wat jy van jou opvoeding gekry het MOET toepas!!!
...hiehie.... ek weet wat jy nou dink.. dis juis waar die probleem lê, né?
Ongelukkig sit ons met 'n klomp mense in "customer service" wie dalk nie die voorreg gehad het om 'n goeie opvoeding te hê soos ek en jy nie. Hulle is die "minderbevoorregtes" soos ons geleer is kleintyd. Hulle is die mense vir wie ons elke Sondag in Sondagskool gebid het: "Liewe Jesus dankie vir ons kos en ons klere en wees met die minderbevoorregtes...". Ons was heel duidelik te klein om te verstaan wat ons eintlik voor bid. Ek onthou ek het altyd gebid vir die mense agter die ystergordyn...WAT DE HEL WAS DIT?! Is daar dalk 'n ouer leser wie dit vir my kan opklaar asseblief?! En hoekom is ons as kinders gevra om daarvoor te bid?! Dit klink of ek nou impliseer dat ons hierdie mense eintlik moet jammer kry.. 'n vriend van my sal sê: ag shame siestog F**.. (dankie... you know who you are... vir die flippen nice expression!!!)
Eintlik moet jy maar by jouself besluit of jy hulle gaan jammer kry en of jy jou verwagtinge gaan hê... soos wat ek het.
Saterdagmiddag is ek by Wimpy saam met twee vriende. Nou, as jy wil gaan sit en relax en kuier saam met buddies dan wil jy relax... jy wil nie geirriteer word met stront nie. Daargekom, soek ons 'n tafel om te gaan neerplak. Die eerste opsie is bietjie knap en dit was nie afgevee nie. Ek het my hand oor die tafel gevee en daar het sout (en baie sout) op my hand afgekom...so ek is toe officially uitgegross...ons gaan kyk by die tweede tafel...daar lê en wag toe 'n lekker vet mosterd kol op die tafel, maar dit lyk of dit sommer al hard geword het!! SERIOUSLY!! Ons beweeg toe maar terug na die soutgestrooide tafel en ek roep toe maar dadelik die kelnerin om dinge te kom regmaak.
Ek sê toe ook sommer vir haar van die mosterdkol op die ander tafel. Sy vra: "Are you going to sit there?" (dis nou by die mosterd tafel). Ek sê: "No but you need to wipe that off anyway!"...ek meen regtig... dis dalk baie besig in 'n restaurant soms, maar jy vee 'n tafel af as mense daar geëet het en opstaan en huistoe gaan... dis net super swak styl... nou kry jy nuwe customers en dis wat jy vir hulle aanbied: 'n vuil besmeerde tafel waar klein kindertjies heel moontlik gesit en roomys en milkshake mors het en jy moet nou maar eers by die taai gemors gaan sit tot iemand oor 10minute eers dit kom skoonmaak!!
It irritates me.. it really does... het hulle geen benul van 'n health code in die plek nie! (Ou vrou met 'n nat broek.... I KNOW!)
So Sondag is ek Pick & Pay toe vir groceries koop vir die kosmaak mission (wat ek deesdae elke Sondag doen...). Ek het onlangs my Pick & Pay Health Foods card gekry deur Discovery Health en ek is nou moerse pumped up; ek gaan nou kyk of ek kan afslag kry op die gesonde kos wat ek koop! Ek kom by die winkel en gaan "customer services" toe. Daar waar iemand veronderstel was om te sit met 'n moerse smile en gewilligheid om te help, is net 'n leë stoel...
...ek stap oor na die hokkie waar ek altyd elektrisiteit koop en ek vra die jong man of hy dalk vir my kan sê waar die persoon is by customer services. Hy sê: "Sê maar vir my Mevrou EK sal kan help! ". So ek vra toe my baie ingewikkelde vraag:
"Ek wil graag weet of ek die Health Foods kaart eers moet swipe by customer services voor ek die inkopies doen en of ek dit kan doen by die cashier wanneer ek betaal?"
En die friendly helper antwoord: "Wag net gou Mevrou ek sal gou uitvind...". So much for the offer.
I have no further comments...
No comments:
Post a Comment